Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Lugbraaier

Uitgawe 2 2023
Magazine

Die gewilde kosskrywer Herman Lensing gee lugbraaiers vlerke met Suid-Afrika se nuutste moet-hê kookboek-tydskrif vir elke kombuis! Herman inspireer met meer as 80 air-fryer-resepte en dié tydskrif sal jou met nuwe oë na jou lugbraaier laat kyk. Dié toestel is regtig tot baie meer in staat as wat jy dink! Van Bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta en selfs hoender resepte beloof die boek om iets vir almal te gee.

REDAKTEURSBRIEF

KNAP KOPIES • Soos ’n warrelwind waai die lugbraaier deur ons kombuise en laat ons anders kyk na kos en hoe ons kook. Daar is ook ’n hele paar ander nuwe kopies wat jou lewe op ’n soortgelyke wyse makliker kan maak

BEDERF JOUSELF • Die winkels is besaai met begeerlike goed. En – kom ons wees eerlik met mekaar – dis mos lekker om ’n bietjie window shopping te doen

BOBAAS-BESTANDDELE • Die sleutel tot kos wat vorentoe smaak is bestanddele wat elke keer die beste uit jou lugbraaier sal bring

Verandering is moeilik. • En nuwe tegnologie kan veral vir ouer generasies angswekkend wees. Sy weet, want sy sukkel steeds om haar agterdog jeens mikrogolwe te oorkom, meen Bianca du Plessis Malan. Maar wanneer dit by lugbraaiers kom, kan van Gen-Z tot Boomers ontspan, want hierdie tegnologie is veel ouer as ons almal

Skep NÓG ’N KEER • Wat is ’n feesmaal sonder genoeg bykosse wat elke hoofgereg op sy beste laat lyk en smaak? Met eenvoudige bestanddele en slim geurmiddels kan jy die gunstelinge optower waarvoor elke tafel vra

Hier KIEP-KIEP • Hoender is een van die veelsydigste vleissoorte as dit by lugbraai kom: daar is soveel meer wat jy daarmee kan doen as bloot ’n brosgebraaide stukkie hoender in krummels

Dis álles IN DIE SOUS • Die lekker van middel-van-die-week skuil in ’n geurige bak vol pasta. Ook hier belowe die lugbraaier om jou nie teleur te stel nie: die geheim is om die toestel en sy mandjie as een groot pot te sien

Die fyne KANT • Ons ken maalvleis as ’n staatmaker in baie huise. Dit maak soveel sin om dié bekostigbare opsie te benut – en met eenvoudige geurmiddels en slim gaarmaakmetodes kan jy heerlike kos optower

Braai TOE! • Maak jou kuiertafel nóg lekkerder met geregte wat die beste van twee wêrelde kombineer: half-of heeltemal gaargemaak in jou lugbraaier, met ’n laaste bietjie geur wat oor die kole bykom. Braai is mos maar deel van ons DNS!

Stokkies BRAAI • Kos op stokkies is nie alleen ’n maklike plan om goeie kos voor te sit nie, maar in die lugbraaier is dit ook ’n heerlike manier om geurige resultate te verseker. En moet jou nie laat beperk tot hoender en groente nie!

Vir die JONGSPAN • Die lugbraaier is ’n handige toestel waarmee kinders ook kan kook: dis maklik en eenvoudig. Daarby is dit veilig en die hitte kan jy maklik beheer. Daai vinnige etes ná skool kan die kleingoed nou self aanpak!

Soete HEMEL • Bederf jou geliefdes met eenvoudige nageregte gepak met alles wat heerlik en dekadent is. Die lewe is te kort, soeet jou poeding eerste!

Lugbraaier

DIE WINDE VAN VERANDERING • Die wêreld kan eenvoudig nie genoeg van lugbraaiers kry nie. Daar is Facebook-groepe met miljoene volgelinge, en toenemend meer gemeenskappe wat resepte oor en weer deel. So wat sê julle – hoekom maak dié katoeter julle lewe so maklik?

Expand title description text
Frequency: One time Pages: 156 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Uitgawe 2 2023

OverDrive Magazine

  • Release date: March 1, 2023

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans