Die gewilde kosskrywer Herman Lensing gee lugbraaiers vlerke met Suid-Afrika se nuutste moet-hê kookboek-tydskrif vir elke kombuis! Herman inspireer met meer as 80 air-fryer-resepte en dié tydskrif sal jou met nuwe oë na jou lugbraaier laat kyk. Dié toestel is regtig tot baie meer in staat as wat jy dink! Van Bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta en selfs hoender resepte beloof die boek om iets vir almal te gee.
Die magic van die lugbraaier bly my steeds verbyster!
'n Lugbraai-kombuis • Voor ons begin kook: Hier is ’n gids wat jou wys hoe ons die lugbraaier se mandjie tot sy volle potensiaal gebruik het. Met slim planne en ’n paar kombuistoebehore wat ons almal reeds het, kan jy braai, bak, rooster en nog baie meer gaarmaakmetodes gebruik as wat jy dink
Klein dorpie, grenslose drome • Met sy voete stewig op die aarde vergeet Dean Smith nooit waar sy wortels lê nie. As ’n jong man uit Malmesbury verstaan hy dat die lewe oor meer as voorgee gaan – dis wanneer jy regtig omgee dat jy iemand se lewe beter maak
Maak tyd! • Baie van ons wens dikwels vir meer ure in ’n dag, maar maak ons werklik die meeste van die 24 uur wat ons kry? Voorligtingsielkundige Kenneth Wilson sê dat sekere veranderinge maklik “ekstra” ure by jou dag kan voeg – en boonop kan sorg dat jy gesonder en meer suksesvol is én minder spanning ervaar. Hy het sy wenke met Suzanne Venter gedeel
G'n bysaak nie! • Met jou lugbraaier sal jy gou-gou geurige bykos vir ’n feesmaal kafdraf. Dis soveel makliker as wat jy dink: Met net ’n hand vol bestanddele kan jy jou tafel met groot impak voltooi
BLOU VIR JOU
Goeie-môre • Die eerste groet in die oggend met ’n koppie koffie en ’n goeie ontbyt bly een van die lekkerste dinge om vir ’n geliefde te doen. Maak tyd vir brekfis en ek belowe jou, jou dag sal beter wees
HOE ROOIER HOE MOOIER
Pasta, pronto • As dit by middel-van-die-week-oplossings kom, bly pasta die voorste staatmaker. Dis vinnig en bekostigbaar om gou-gou vir ’n klomp monde kos op die tafel te sit!
DINK GROEN
Kiep-kiep in 'n kits • Hierdie gewilde proteïen-opsie is ’n goue staatmaker in die meeste van ons se kombuise, en baie tuis in die lugbraaier. Hoender word gou gaar só, en groot geure word vasgevang
GROEN GENOT
Slyp jou vleistande • Met slim tegnieke kan jy heerlike vleisgeregte in jou lugbraaier maak. Die geheim? Kies vleissnitte wat gou sag word en met min moeite goeie geur lewer
VLEIS-PALEIS
Kinder-speletjies • Nie alleen spaar die lugbraaier jou baie tyd in die kombuis nie, dis ook die perfekte toestel om kinders aan die kook te kry. Ná-skoolkos hoef nooit weer vervelig te wees nie
VIR DIE JONG-SPAN
Gebak in gemak • Die lugbraaier is vir meer as net kosmaak – sonder moeite kan jy heerlike gebak uit hierdie moderne wonderwerk haal
PRET MET PIENK
Lepels vol lekker • In jou lugbraaier kan jy kook, bak, braai en gekrummelde kos lekker bros rooster. Maar jy kan ook heerlike nageregte optower wat jou geliefdes vir nog ’n skeppie sal laat vra!
DELFT BLOU BO
Lugbraaier
Laaste minuut • Tyd is ons waardevolste bate – dit weet ons nou! Hier is hoe 10 van ons lesers tyd spaar met slim truuks