Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Lugbraaier

Uitgawe 1 2022
Magazine

Die gewilde kosskrywer Herman Lensing gee lugbraaiers vlerke met Suid-Afrika se nuutste moet-hê kookboek-tydskrif vir elke kombuis! Herman inspireer met meer as 80 air-fryer-resepte en dié tydskrif sal jou met nuwe oë na jou lugbraaier laat kyk. Dié toestel is regtig tot baie meer in staat as wat jy dink! Van Bykosse, ontbyt, vleis, gebak, pasta en selfs hoender resepte beloof die boek om iets vir almal te gee.

REDAKTEURSBRIEF

Lugbraaier

KNAP KOPIES • Die vreugde van kook met jou lugbraaier is dat jy baie tyd en moeite spaar. Ons reken jy kan hierdie filosofie ook na die res van jou kombuis, jou huis en jouself uitbrei met slim produkte wat die lewe makliker en beter maak.

Kies jou 3 LUGBRAAIER • Daar is ’n magdom lugbraaiers op die mark om van te kies. Watter een is die beste? Ons reken die een wat jou kos gaarmaak is die regte keuse! Hier is 10 wat jou kombuis en tafel met goeie geure sal vul.

GOEIE BESTANDDELE • Sorg dat jou kos ekstra lekker smaak met ’n paar van ons gunstelingbestanddele.

GESONDHEID! • Dit maak nie saak hoe of waarin ons kook nie. Een ding is seker: ons hóú van ’n glas goeie wyn saam met ons kos. Hier is ’n keur van vyf wyne wat jy elke dag kan geniet.

’n Lugbraai-KOMBUIS • Voor ons begin kook: hier is ’n gids wat jou wys hoe ons die lugbraaier se mandjie tot sy volle potensiaal gebruik het. Met slim planne en ’n paar kombuistoebehore wat ons almal reeds het, kan jy braai, bak, rooster en nog baie meer gaarmaakmetodes gebruik as wat jy dink.

KRUMMEL VIR KRUMMEL • Lugbraai is sinoniem met kos wat omhul is ’n bros, goue kors. Afgesien van die keuse van krummels, is daar nog ’n paar wenke om in gedagte te hou as jy kos in krummels wil bedek voordat jy dit lugbraai.

KOM OP VIR LUG (BRAAI!) • Hoe ’n toebehore-sku kok die lig gesien het, deur Bianca du Plessis Malan

TYDLYN VAN ’N TREFFER

DIE FEESTAFEL SE Juwele • Geen tafel is ooit volmaak sonder bykosse nie: hulle is die ware sterre van die fees. Die goudbruin aartappel waarop die lamsboud rus of die sagte blomkool wat sorg dat die hoender se bros vel die kroon dra… Met ’n paar slim truuks kan jy byna álles in jou lugbraaier maak.

DIE GEHEIM IS IN DIE Sous • Ons wéét mos pasta is ’n staatmaker: Dis bekostigbaar, en met min bestanddele kan jy lekker kos voorsit. En dan is daar die oorskiet wat die volgende dag vir middagete bedien word – of sommer in die kosblik ingepak en koud geniet word! Doen moeite met die geure in jou sous, want dis wat die lekkerte vashou.

KOM VIR Brekfis! • Begin jou dag op ’n goeie nooit met maklike geregte vir ontbyt. Met min moeite en die regte tegnieke kan jy afshow-kos maak wat smaak en lyk soos dié van ’n baie gesogde restaurant.

ALLES WAT JY S NODIG HET VIR ’N wen-gereg

HOENDER KRAAI koning • Hoender is ’n stapelvoedsel in baie van ons kombuise, en ’n staatmaker as dit kom by vinnige oplossings. Maar met ’n lugbraaier en ’n paar slim bestanddele kan jy selfs met nóg minder moeite goeie kos op die tafel sit.

SLYP JOU vleistande • Feit bly staan: ons Suid-Afrikaners is lief vir vleis. Dit is selde dat ons nie een of ander vorm van vleis op die tafel het nie. Hier is ’n hele rits slim planne met beesvleis, varkvleis, lam en vis om seker te maak jou lugbraaier sorg vir geurige disse sonder sukkel.

SOETE VERLEIDING • Die finale kans om jou gaste en geliefdes op hulle beste te laat voel is met ’n dekadente soet nagereg wat met eenvoudige bestanddele aanmekaar gesit word. Dis die laaste bietjie liefde wat jy deel met elke happie, sny en lepel vol.

LUGBRAAI VREESLOOS • Hier is nog vier resepte wat jou sal help om jou lugbraaikombuis met selfversekering te pak.

AIR-FRYER-BEVONK! • Die wêreld is in die wolke en almal kook met dié katoeter… Op Facebook het...

Expand title description text
Frequency: One time Pages: 164 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Uitgawe 1 2022

OverDrive Magazine

  • Release date: June 27, 2022

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Food & Wine

Languages

Afrikaans